Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "'n Werkreseppie" deur C.J. LANGENHOVEN
"'n Werkreseppie" deur C.J. LANGENHOVEN [boodskap #38039] Sa, 30 Desember 2000 20:45 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

'n Werkreseppie
C.J. Langenhoven

Dis die smorende vuur wat swaarkry
En tog nie die kos kan gaarkry -
Die vrolike vlam wat klap en kraak
Is hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak
En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.
Re: "'n Werkreseppie" deur C.J. LANGENHOVEN [boodskap #38044 is 'n antwoord op boodskap #38039] Sa, 30 Desember 2000 22:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Dec 2000 20:45:45 GMT, @home.com wrote:

> 'n Werkreseppie
> C.J. Langenhoven
>
> Dis die smorende vuur wat swaarkry
> En tog nie die kos kan gaarkry -

Behalwe as mens potjiekos maak? Of is 'n "smorende vuur", 'n vuur wat
besig is om te sterf, en nie die kooltjies wat oorbly nadat die vlamme
verdwyn het nie?
Maak my vraag sin, of klink dit deurmekaar?

> Die vrolike vlam wat klap en kraak
> Is hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak
> En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.

Dis pragtig. :-)
Re: "'n Werkreseppie" deur C.J. LANGENHOVEN [boodskap #38052 is 'n antwoord op boodskap #38039] So, 31 Desember 2000 00:55 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> Of is 'n "smorende vuur", 'n vuur wat
> besig is om te sterf,

Ek dink 'n smorende vuur is een wat nie opdreef kan kom nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: "Kryt" deur RONNIE BELCHER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 23:56:19 MGT 2024